
=====================================================================
Hoe kru ook al die kwaal, Afrikaans kn heel (AV 4:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Hoe kru ook al die kwaal, Afrikaans kn heel

Jan van Elfen   delf uit eie ervaring gegewens oor Afrikaans in die geneeskunde.

EK betrag Afrikaans in die geneeskunde eenogig met die galsterige blik van 'n deurwinterde huisarts/gesondheidskrywer. Ons taal het soos 
Janus twee gesigte. Die een is akademies gewend die ander praktyk toe. Hulle skakel d.m.v. kongresse en simposia, vakliteratuur, handboeke 
en voubiljette by medisyne.

"New man!" Ek versteen op die plek. "Fetch my laundry!" As groentjie in Ikeys se Men's Residence moet jy 'n senior dadelik gehoorsaam. Jy 
is laer as haaistront, is jy telkens vertel. Altyd op Engels!

Veral vir Nicky (skuilnaam) moet jy pasop. Strip sy moer, swets hy op jou dat jou ore tuit.

N my studie praktiseer ek op die platteland. By my terugkeer in Kaapstad in 1960 is Nicky 'n groot kokkedoor in die Stellenbosse Mediese 
Fakulteit. Hy wat in die veertigerjare nie boe of ba in Afrikaans kon of wou s nie, spreek nou keurige Afrikaans in lesings en voordragte.

Di staaltjie illustreer dat akademiese Afrikaans deur lektore van diverse herkoms, sommige met slegs 'n kennis van matriek-Afrikaans, 
geskep is.

A.J. Brink   verduidelik die behoefte vir 'n Taalkomitee in sy historiese voorwoord vir die Woordeboek van Afrikaanse geneeskundeterme 
(Tafelberg):   "... aangesien daar tot in daardie tyd geen eenstemmigheid of eenvormigheid was ten opsigte van die gebruik van vakterme in 
geneeskunde nie. Dit was my ondervinding by 'n betreklike jong Fakulteit van Geneeskunde aan die Universiteit van Pretoria dat daar 'n 
verskeidenheid gebruike was ten opsigte van taal deur verskillende departemente afhangende van waar die hoof sy opleiding gehad het. Die 
invloed het gewissel van Engels, tot Duits en Hollands."

Mediese navorsers begin in die vyftigerjare hul resultate in Afrikaanse vaktydskrifte soos die Mediese Joernaal publiseer. Hulle   het 
voldoende vertroue om hul navorsingsresultate in hul moedertaal wreldkundig te maak.

Twee begaafde redakteurs van die Joernaal bevorder Afrikaans as medies-wetenskaplike medium. Een van hulle, Andries Blignault,   bereik ook 
pasinte in klinieke en dokterswagkamers met voorligtingsliteratuur. Die Afrikaanse vakletterkunde is verder verryk deur die verskyning van 
verskeie mediese handboeke deur akademici in die vyftiger- en sestigerjare. Delamaine du Toit   se Hormonale beheer van vroulike 
geslagfunksies (Academica),   B.J.v.R. Dreyer   se Chirurgie (UUB)   en P.J.P. Pretorius se   Babavoeding (Nasou)   tel onder die 
voorlopers.

Afgesonderde huisartse het dikwels "aan-diens"-siektebeskrywings van pasinte en ouer dokters geleer -- meestal te krom of eksplisiet vir 
publikasie in handboeke of vaktydskrifte.

My doyen (Frank) Reitz, oudste seun van die destydse Vrystaatse president, het 'n pasint met 'n blosende gelaatskleur "volbloedig" en 'n 
seningdunne 'n "biltongmens" genoem. 'n Getroue pasint van hom wou dat net dr. Frank sy vrou behandel, want "die plaaslike goldokter het 
siektes 'bespreek"'.

As groentjie is ek geruk deur die platvloersheid uit volksmond. 'n Ouderling ontbied my dringend: "Kom kyk wat neuk met San se tet."

In die buiteland verslind ek Engelse mediese romans en nie-fiksie. Ek neem my voor, eendag gaan ek in Afrikaans oor die wel en wee van die 
liggaam skryf.

Ek slyp my tande op vertaalde werke soos Die Afrikaanse huisdokter -- drie   dele (Humphris-Allen, Waverley). Dit is bygewerk met 'n 
leersame hoofstuk oor ons bronwaters -- van so 'n gehalte dat ons kundige Bun Booyens daarmee tevrede sou wees.

Dr. Hans Rompel   se vertaling van die Die volkome huwelik, 1950 (APB),   van Th. H. van de Velde   laat plek-plek my o rek. "Die 
liefdesbyt kom by die verhouding van die sekse tot uiting net soseer 'n primitiewe afstoting as primitiewe aantrekking. Onderkant die 
liefde skuil nog altyd die haat."

Wat dink huidige seksuolo van die volgende? "Hierdie element in die liefdesbyt het 'n ewe tragiese diepere betekenis as die klap wat baie 
mans aan die end van die deelwording op die boude van hul deelgenoot gee."

Waar was die Publikasieraad toe?!

Grantly Dick Read se blitsverkoper   Geboorte sonder vrees, 1953 (APB),   is ook deur Rompel vertaal. Dit is deurspek met aardse Hollandse 
terme: "Die nageboorte bestaan uit die moederkoek (of placenta)."

Dit steek my dwars in die krop dat byderwetse vrouetydskrifte in gesondheidsartikels met ouderdose Rompelterme soos eierstokke, maandstonde 
en baarmoeder volstaan wanneer kernagtige sinonieme, ovaria, menstruasie en uterus, beskikbaar is.

Die toppunt van absurditeit is "baarmoederontsteking" vir servisitis. Bou nou 'n taal met sulke verkrampte vrouejoernaliste!

Die bietjie sukses wat my gesondheidsrubrieke en boeke soos Babasorg aanvanklik behaal het, was moontlik omdat ek toe   nog loslit in 
maklik verstaanbare taal oor skete en kure kon skryf. Ek probeer ook om 'n gesondheidslessie in te werk in my artikels. Getroue lesers kla 
ek begin nou te klinies en hoogdrawend skryf. Vervelige, beterweterige langdradigheid is 'n oumensnuk!

Dit het destyds 'n geskarrel op redaksievlak veroorsaak toe ek "seks" en anatomiese benaminge vir die genitalie in Afrikaanse tydskrifte 
begin gebruik het. Liefde en seks in die huwelik   Lede van die Publikasieraad het my met bitsige o bekyk.

Die farmaseutiese bedryf lewer 'n reusebydrae om Afrikaanse geneeskundeterme aan te vul en te vernuwe. Ek knap my terminologie op deur die 
suiwer taal in voubiljette by medisyne noukeurig te lees.

Wat betref die toekoms van mediese Afrikaans, gewaar ek barste in die akademiese pilaar. Verskeie redes l voor die hand, byvoorbeeld 
inkorting van subsidies aan mediese fakulteite en verbrokkelende fasiliteite in hul opleidingshospitale.

In die South African Medical Journal, die lyfblad van   die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, lewer Daniel J. Ncayiyana onder die hofie 
"Izindaba"   redaksionele kommentaar in onberispelike Afrikaans. Met die uitsondering van enkele briewe ontbreek verdere Afrikaanse 
bydraes.

Geneeskunde en die Bybel   deur Wassermann en God gee ons seks om te geniet deur     Renier Holtzhausen en   Hennie Stander,   het onlangs 
by J.L. van Schaik en CUM onderskeidelik verskyn. Maar die publikasie van oorspronklike mediese boeke in Afrikaans het opgedroog. Uitgewers 
vind dit lonender om na hul ou we terug te keer en buitelandse boeke te vertaal.

Die onmiddelike toekoms vir Afrikaans lyk rooskleuriger in die praktyk, mits pasinte sal voortgaan om in Afrikaans oor hul kwale te kla en 
die behoefte behou om in hul moedertaal behandel te word. Dr. Jan van Elfen   is die skrywer van mediese rubrieke, mediese handleidings vir 
seuns en meisies, vir die vrou en die gesin. Sy jongste omvattende werk is Dokter in die huis.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av447.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1997 /// Besef die waarde van Afrikaans (AV 4:4) /// Maak ore en 
hart oop vir pleidooie (AV 4:4) /// Hier skep veeltaligheid 'n wen-wen-situasie (AV 4:4) /// Afrikaans moet bevryding gegun word (AV 4:4) 
/// Tweekoppige reklame in Brussel (AV 4:4) /// Tale se kanse in akademiese wreld (AV 4:4) /// Hoe kru ook al die kwaal, Afrikaans kn 
heel (AV 4:4) /// Nederlandse skoolkinders lees weer Afrikaans (AV 4:4) /// 'Ek soek nie Afrikaans op blikkies nie' (AV 4:4) ///

